Georic Lomas

Georic Lomas тексты песен

Исполнитель   ·  16 938 слушателей в месяц

Альбомы исполнителя

SOS

2023 · сингл

Похожие исполнители

Ampie

Исполнитель


Биография

Toe Georic Lomas die Suid-Afrikaanse musiekbedryf tref, het hy aanhangers oorrompel met lekkerkry musiek wat hul op hul voete gehad het. Liedjies soos Bazaruto, in 2016, het hom vinnig sy stempel laat afdruk en daarna het nóg treffers gevolg. 
 Dié jong ster het ook in 2013 die rol van Morné in die Afrikaanse musiekfilm, As jy sing, vertolk en maak hom dus ’n veelsydige aanwins vir enige musikale projek. 
 Alhoewel sy musiek veral op tieners gemik is, geniet oud én jonk die besonderse klank van sy liedjies en die vars aanklank waarmee hy sy boodskappe deur musiek oordra. 
 Wanneer Sterre Verskiet (2019) en Verloor (2020), toon ook die groei wat hy vanaf Bazaruto ondervind het en dis nou ’n meer volwasse Georic waarna aanhangers kan uitsien. 
 2021 beloof om groot dinge vir Georic in te hou met die vrystelling van sy splinternuwe EP Elektries. Kyk uit daarvoor vanaf September. 
 Dié kunstenaar het homself ook gevestig as liedjieskrywer wat tans deel is van die gesogte Coleske Artists platemaatskappy. Hier bevind hy homself in die geselskap van bekroonde liedjieskrywers soos Johan Oberholzer, Gerhard Steyn, Riaan Benadé en Riana Nel. 
 Volgens Georic wil hy mense laat goed voel en dít is dan ook wat hy poog om met sy musiek reg te kry. 
 Of dit nou by die braai of op die dansvloer is, Georic se liedjies sal beslis die bloed deur jou are laat bruis.