Bobby Van Jaarsveld

Bobby Van Jaarsveld тексты песен

Исполнитель   ·  71 459 слушателей в месяц

Альбомы исполнителя

Zen

2016 · сингл

Похожие исполнители

Ampie

Исполнитель


Биография

Vanaf 2007 - 2011 was Bobby deel van die Huisgenoot Skouspel wat jaarliks aangebied word by die Sun City Superbowl. In 2012 het Bobby deelgeneem aan die eerste Afrikaans is Groot Skouspel wat in Pretoria aangebied word. 28 000 Aanhangers het hierdie musiekskouspel bygewoon en daar word beraam dat die 2013 vertoning sal bygewoon word deur soveel as 63 000 aanhangers. Bobby was uitgenooi om op te tree by die 2010 en 2013 SAMA Toekennings wat jaarliks by die Sun City Superbowl gehou word. Hy het by menigte mede-kunstenaars en politieke hooggeplaasdes wat die funksie bygewoon het komplimente ontvang oor sy optrede. Bobby was in 2012, 2013, 2014, 2015 en 2016 deel van die grootste Afrikaanse konsert in die Suidelike Halfrond. Afrikaans is Groot, die konsert wat elke jaar in Pretoria en Kaapstad plaasvind. Bobby is weer genooi om deel te wees van die AIG 2017 konserte! Meer as 350,000 mense het al hierdie konserte bygewoon. Bobby het 5 albums uitgebring met verskeie goue, platinum en dubbel platinum toekennings. Na die wegholsukses van Liefing – Die Movie, het die vervaardigers die storielyn omskryf vir ‘n teaterproduksie. Die vertoning het uitverkoop en was ‘n reuse sukses met ‘n verstommende 38 000 kaartjies verkoop. Aanhangers het so ver as 1500 km gereis om die produksie te sien en dring daarop aan dat verdere vertonings geskeduleer moet word.