Kishore Kumar Hits

Demi Lee Moore - Sproetjies текст песни

Исполнитель: Demi Lee Moore

альбом: Mis Eet Slaap Herhaal


Daar's 'n park in my tuisdorp ver weg van die stad se lawaai
Waar die kinders na skool in die middae kom speel en baljaar
En eendag sien ek 'n klein dogtertjie eenkant alleen
Met traantjies wat rol oor haar sproet gesiggie heen
En ek sê: "Sproetjies, liefling, daar's 'n reënboog in jou oë
Wil jy graag 'n groot geheim hoor?
Almal wil graag soos jy wees"
Al die somers en winters is nou reeds so lankal verby
En glimlag van jonk wees verberg soms 'n ou hartseer pyn
En eendag sien ek sproetjies weer en my oë staar verdwaal
Want die lelike eentjie verander in die mooiste swaan
En ek sê: "Sproetjies, liefling, daar's 'n reënboog in jou oë
Wil jy graag 'n groot geheim hoor?
Almal wil graag soos jy wees
Want jy's pragtig, liefling"
En sy druk saggies my hand
En sê: "Ek wens ek kon my deur jou oë sien"
Ek gaan by die skouburg een aand na 'n opvoering kyk
En daar dans 'n meisie wat net soos 'n fee prinses lyk
Met 'n glimlag so stralend begroet sy die hele gehoor
Ek sien toe dis sproetjies wat harte so bekoor
En ek sê: "Sproetjies, liefling, daar's 'n reënboog in jou oë
Onthou jy nog die parkie
En die trane in jou oë?
Sproetjies jy's pragtig"
En ek hou haar teen my vas
Sy sê: "Ek wens ek kon my deur jou oë sien"

Поcмотреть все песни артиста

Другие альбомы исполнителя

Похожие исполнители

Leah

Исполнитель

Jay

Исполнитель