Kishore Kumar Hits

Joshua Na Die Reën - Strand Dans текст песни

Исполнитель: Joshua Na Die Reën

альбом: Joshua na die Reën


Eendag sal jy my kan sê
As die twyfel in my hart kom lê
Dat jy by my sal staan
Sou die wêreld ook vergeet dat ek bestaan
Eendag sal ons trug kan dink
Aan die tye toe
Ons werklik vreugde vind
En die blink in ons oë vertel
Van drome aan gewaai
Soos verlange deur die Kaapse wind
Toe ons nog in ons onskuld
Na mekaar wou sit en staar
Strand daans jy vir my die Cederberge oor
Tot in die kaap
My hart lê wag hier net vir jou om
Weer aan my te raak
My hart se droë woestyne
Verander in fonteine
As ek jou hier by my
Hehehehehe het
Soek in my die bitter einde
Die laat nag wakker lê gedagtes
'N hart in my wat klop
'N afwagting wat nooit getem sal word
En soms is dit die trug dink werd
Die verlang trug is
Soms soos die wind onder my vlerke
Wat my kom haal
Om drome aan te waai
Soos verlange deur die Kaapse wind
Toe ons nog in ons onskuld na mekaar wou sit en staar
Strand daans jy vir my die Cederberge oor
Tot in die kaap
My hart lê wag hier net vir jou om
Weer aan my te raak
My hart se droë woestyne
Verander in fonteine
As ek jou hier by my
Hehehehe het
Strand daans jy vir my die Cederberge oor
Tot in die kaap
My hart lê wag hier net vir jou om
Weer aan my te raak
My hart se droë woestyne
Verander in fonteine
As ek jou hier by my
Hehehehe het

Поcмотреть все песни артиста

Другие альбомы исполнителя

Похожие исполнители

Ampie

Исполнитель