Vertel my stories Oor die reis van my hart Die lig en donker In die geheim In die openbaar Want my hart verlang dat jy Saggies loop en die berge heuwels maak Miskien soos ons loop Sal ons paaie gelyk raak Sal jy wag tot die son opkom Sal jy saam met my loop in die velde My hart sal blom as jy saam sal kom Want al ken jy my vrees Kies jy om nog by my te wees Lig die luike dat my oë weer kan sien Die diep valleie wat ek deur is miskien Verstaan ek nou die waarde van die berge en die heuwels Miskien net omdat ons loop het ons pad gelyk geraak As jy wag tot die opkom Sal jy saam met my loop in die velde My hart sal blom as jy saam sal kom Want al ken jy my vrees Kies jy om nog by my te wees Al ken jy my seer kies jy om nog my te wees Al ken jy my kies jy om nog by my te wees My storie is heuwels, My storie is berge, My storie is vrees Dat ek te min sal wees My storie is stof En my storie is sterre, My storie is seer Ek wou iets anders wees My storie deur winters En reen in die somers En al ken jy my Kies jy om nog by my te wees Al ken jy my heuwels Al ken jy berge Al ken jy vrees dat ek te min sal wees Al ken jy stof En al ken jy my sterre Al ken jy my seer Ek wou iets anders wees Al ken jy my droogte En reen in die somer Al ken jy my Kies jy om nog by my te wees