Daar's altyd een wat laaste versuip Altyd een wat die donker vir jou af byt Altyd een te suinig vir sy eie vel Altyd een wat die sinkertjies langs die pad optel Ek sweer dis erger as hel Maar wie's ek om te praat as ek my raad beraad En wie's jy om te treur as jy niks makeer Maar selfs al is daar iets waarvoor ons vlug Die mense blyk maar anders in die lig En dalk is jou storie nog nie klaar nie So tel daai pen op my kind Want jy verdien nie kommentaar nie So tel daai pen op my kind Want jy verdien nie kommentaar nie Jou staar na die son en die maan verbied Jou menswees in 'n boksie vasgegiet As jy net kon vlieg Verval die kleur op jou lego blokkies Is daar iets wat jy sou oor kies As jy net vroeër kon sê wat jou hart wou hê Sou spyt ons verlaat het en geluk ons verras het Maar selfs al is daar iets waarvoor ons vlug Die mense blyk maar anders in die lig En dalk is jou storie nog nie klaar nie So tel daai pen op my kind Want jy verdien nie kommentaar nie My kind Jy verdien nie kommentaar nie En as jy sink dan sink ek saam Want die tyd hier het geen genade nie En as ek blink dan blink jy saam Want ons drome is volkome beraam En selfs al is daar iets waarvoor ons vlug Die mense blyk maar anders in die lig En dalk is jou storie nog nie klaar nie So tel daai pen op my kind Want jy verdien nie kommentaar nie So tel daai pen op my kind Want jy verdien nie kommentaar nie