Het iemand al vir jou gesê Jy's 'n raaisel soos die see Ek wil hê jy moet weet As die sproei so aan Jou hare kom kleef Sal my moed weer en weer Op jou strande kom breek As die wind so agter Die duine gaan lê Dan bly ek agter En hoop net jy sê My naam so saam Met die bossies se reuk Ek wil hê jy moet weet Ek behoort aan die see Waar die wind weer in Ons lywe kom leef En jou water weer sout Vir die aarde kan gee Jy's 'n mistige oggend Die gedruis in die nag Jy weergalm in my Soos die skrif in die sand As die wind so agter Die duine gaan lê Dan bly ek agter En hoop net jy sê My naam so saam Met die bossies se reuk Ek wil hê jy moet weet Ek behoort aan die see As die wind so agter Die duine gaan lê Dan bly ek agter En hoop net jy sê My naam so saam Met die bossies se reuk Ek wil hê jy moet weet Ek behoort aan die see