Red Sheep

Red Sheep тексты песен

Исполнитель   ·  7 616 слушателей в месяц

Альбомы исполнителя

Похожие исполнители

Twee

Исполнитель


Биография

Die musiekgroep, Red Sheep, het pas by die Coleske-familie aangesluit en kan nie wag om hul musiek met die res van die land te deel nie. Red Sheep se eerste twee liedjies, Soul Fire en Letter in Portuguese, is in Februarie 2019 vrygestel waarna hulle in Mei 2019 hul eerste Afrikaanse liedjie, Suiderkruis, vrygestel het. Dié groep se twee lede, Estian Maree (akoestiese kitaar, ukulele en sang) en Richard Marx (klavier en sang), het mekaar in 2016 by hul koshuis, Huis Visser, op Stellenbosch Universiteit, ontmoet. Daar was hulle altwee deel van Sailors, die koshuis se sêr-groep. Saam het hul die Sailors met groot sukses gelei en ook verskeie toekennings gewen - onder andere vir Beste Lied (Suiderkruis) en beste mans-solis (Max in 2019). Dit is hiér waar hulle besef het dat hulle ’n wenspan maak. Red Sheep is in 2018 na hul eerste optrede gebore en dié naam is ’n verwysing na die twee manne se hare. Koenig het rooi hare, en Maree het lang blonde krulhare soos ’n skaap - vandaar ook sy bynaam, Dorper, in sy op koshuisdae. Musiek is deel van Estian én Max se lewens al vandat kon loop, en hul liefde vir dit wat hul doen leef hul uit op die verhoog. Hulle speel enige iets wat gehore versoek en word as natuurlike performers beskryf.