Skedels plavei die aarde, dooie vals profete stil Kake verstar in 'n ewige bevrore gil Oordeel oor bedrieërs, hul liedere en dade Vonnis met vuur, stel tereg sonder genade Konings Oor Besete Uitverkore Siele Herrys uit die vlamme van Swaar Metaal Onaardse stemme bring die tyding van vernietiging 'N nuwe rewolusie, nuwe lofgesange om te sing Jou loon onheilig swaar verdien, die laaste wat jy lig sal sien Die hemel kraak, die wolke brand, jou hart lê bloeiend in jou hand Konings Oor Besete Uitverkore Siele Staan in die vlamme van Swaar Metaal Jou ore bloei, jou oë ontplof, jou brein verkool tot pikswart stof Jou gesig in repe afgeruk, deur donderdromme afgesluk Die kitare van die waarheid sweep jou rug tot jy jou siel verpand Vir ewig op jou knieë voor die Meesters van Linkerhand Konings Oor Besete Uitverkore Siele Heers in die heelal van Swaar Metaal Metaal!