Ek is honger vir die skaduwees wat intrek voor die son Ek is honger vir die strate en die ligte en beton Ek is honger om die dag se laaste voor my te sien vlug Ek is honger om die sondaars met my sonde te bevrug Ek is honger, honger Ek is honger vir versoek, ek is honger vir vervloek Ek is honger vir adrenalien, spoed se warm gloed Ek is honger vir Gehenna, Kuzimu en Tartarus Ek is honger vir die vuur ek is honger soos 'n dier Ek is honger vir die doodskleed Honger vir 'n Mammon, honger vir 'n Babilon Honger vir die nag se koue vingers om my keel Ek is honger vir die gille, die geweld en die vrees My honger is 'n monster, is 'n reuse bose gees Ek is honger vir vergelding, sien die wraak in my gesig Ek is honger om die vrede te ontwrig Ek is rasend honger Ek is honger vir venyn, die ongoddelike pyn Ek is honger vir die marteling, koue en geween Ek is honger vir die waansin, sweet en bloed wat oor my reën Ek is honger vir minagting, blindelingse slagting Honger vir 'n vlammevloed Honger vir 'n Mammon, honger vir 'n Babilon Honger vir 'n avondmaal van vlees en warm bloed Rasend Honger Rasend Honger Honger vir 'n Mammon, honger vir 'n Babilon Honger vir 'n bloedbad Ek is honger vir oproer in die gekkeparadys Vir siviele ongehoorsaamheid wat uit die nag verrys Ek is 'n honger megamaniak met duiwels op my rug Hou jou pote van my af of trek 'n stompie terug Ek is honger vir minagting, blindelingse slagting Honger vir 'n vlammevloed Honger vir 'n Mammon, honger vir 'n Babilon Honger vir 'n avondmaal van vlees en warm bloed Honger vir die vuur, ek is honger soos 'n dier Ek is honger vir die Doodskleed Honger vir 'n Mammon, honger vir 'n Babilon Honger vir die nag se koue vingers om my keel