My man is 'n boer Ek staan met hom saam In die lewe en die dood Die grond vloei in ons are Bloed drup op die aarde Here, wat gaan ons word? Ek is 'n boer se vrou Jy kan my haat of van my hou My hande is oop my hart ontbloot Met die vrees hierbinne my Ons moet oorleef Die mense moet eet Doen ons net niks of moet ons bly werk? Ons bid en vertrou Dat Hy ons in Sy hande hou Dankbaar vir elke druppeltjie reën Groei ons geloof net meer en meer Die Here it ons waarlik, waarlik geseën Ek is 'n boer se vrou Jy kan my haat of van my hou My hande is oop my hart ontbloot Met die vrees hierbinne my In die nagte lê ek wakker Luister en wag Vir die klank om te kom Want dis dan die tyd om die dood vas in die oë te kyk Hier sal ons bly Tot God ons van die lewe bevry Ons sal boer Ons lewens in die grond vassloer Ek is 'n boer se vrou Jy kan my haat of van my hou My hande is oop my hart ontbloot Met die vrees hierbinne my Ek is 'n boer se vrou Jy kan my haat of van my hou My hande is oop my hart ontbloot Met die vrees hierbinne my My hande is oop My hart ontbloot Met die vrees hierbinne my Boer se vrou Oooo Boer se vrou Oooo Ek is 'n boer se vrou Oooo