Moses Metro Man

Moses Metro Man тексты песен

Исполнитель   ·  940 слушателей в месяц

Альбомы исполнителя

Похожие исполнители

aKING

Исполнитель


Биография

TOER DATUMS: 16, 18, 20 & 21 Desember! Die #vorentoer is hier! Desember speel ons lekker shows saam met ons vriende Glaskas & Zebraman Super dankie aan ons borge Uncles Craft Cederberg Brewery Stellen DOER South Africa Perskeblom Moses Metro Man is 'n super rockgroep wat in 2010 ontstaan het. Met lede wat in ander groepe soos Straatligkinders en die teaterbedryf reeds naam gemaak het, is die kombinasie van hierdie musikante uiters effektief. Die groep stel in 2011 hul debuutalbum, 'Konstellasies' vry wat deur die David Gresham Platemaatskappy versprei word. Hulle stel ses musiekvideos vry waarvan 'Huigelaar', 'Samoerai' (onder die MK MVP inisiatief) en 'Die eenvoud in', onderskeidelike plekke op die MK Top 10 verower het. Die groep wen in 2012 die toekenning as MK se Beste Nuweling, en ontvang 'n Ghoema en twee Huisgenoot-Tempo nominasies. Hulle tree lewendig op by die MK & Huisgenoot Tempo Toekennings, en word ook gekies om deel te vorm van Huisgenoot se jaarlikse liedjieskryfkompetisie. Hulle musiek word op landswye radiostasies op die speellys geplaas. Hul treffer 'Huigelaar' behaal ook 'n plek op 5FM se SA Top 5 ranglys. Een van die groep se hoogtepunte was toe hulle met die Varsity Cup 2012 die Nasionale Volkslied op Supersport gesing het.