Wie wil in turfgrond wortelskiet Wie wil nou in boorde rank? Wie wil deur ʼn snoeiskêr getem word As vrugbare plant? My vaste adres was nog altyd Poste Restante gewees En die oomblik as ek weer vertrek Sal ek tyd hê om jou briewe te lees ʼn Landskap word nog altyd die mooiste In ʼn truspieël geraam En die een waarvan jy al vergeet Is die mees onthoubare pleknaam My vaste adres was nog altyd Poste Restante gewees En die oomblik as ek weer vertrek Sal ek tyd hê om jou briewe te lees Ek's waaisand, ek's rook, ek's ʼn kiem in die lug Ek's wiele, ek's vlerke, ek's die wind in jou gesig Motorhawe, lughawe, hawe met ʼn kaai My gunstelinghawe se naam is Koebaai My vaste adres was nog altyd Poste Restante gewees En die oomblik as ek weer vertrek Sal ek tyd hê om jou briewe te lees ʼn Huis het vertrekke, ʼn gesig kan vertrek Van liefde of haat of bedrog Die enigste vertrek waarvan ek wil weet Is die een wat op afskeid volg