Dit kan enige stad wees, enige dorp wees Enige land wees, enige straat wees Maar dis die einde van die winter, die strate is nat Modder wat van karre se wiele af spat Dis net na middernag, die laaste bus staan en wag Om die last round regulars huis toe te vat Mompel, mompel as jy nagtelik strompel Die koudste wintersfront kan jou vannag nie oorrompel Want jy't whisky as jas, brandy as sambreel Wat bruis deur jou aarde om die rillings te steel Die aarde draai, maar dis nie jou kop nie Die bome dans, maar dis nie die dop nie Jou gang is seker, jou pas is sterk Teen die mis en die reën dra jy jou serp En soos jy daar gaan, sê my, wat is jou naam? Kan jy my dalk sê wat dra jy met jou saam? Die gewig van te veel in die lig van te min Die stomheid van verloor, die stompheid van wen? Motherless, vuisvoos, ook nou hopeloos Maar karre ry verby, die maan wat skyn Jy soek na jou sleutel, jy soek na die sleutel Van die slot... van jou premiepondok Dit kan enige stad wees, enige dorp wees Enige land wees, enige straat wees Maar dis die einde van die winter, die strate is nat Modder wat van karre se wiele af spat Dis net na middernag, die laaste bus staan al en wag Om die last round regulars huis toe te vat