Kom laat ek vertel van Elvis du Preez Al het dit ʼn ruk gelede gebeur Elvis wat so voetslaan, Elvis wat so stap Met velskoene en kakies en kouse wat krap Almal was bang as Elvis inbars By Incognito op ʼn double time mars Jy soek net nie kak met ʼn bras brush cut Jy sukkel nie sommer met ʼn honderd en agt Elvis rook Lexington en Boxer-tabak Gestop in ʼn pyp uit ʼn seilknapsak Elvis drink whisky uit ʼn blik hip flask Deur ʼn bannelingoupa op Ceylon gemaak Wat noem jy ʼn budgie met masjiengeweer? Eenvoudige antwoord: Jy roep hom meneer As Elvis se skouer jou stamp by die bar Knik jy eerbiedig vir die vriendelike gebaar Met bulderende arms maak Elvis amok Mik na elke paar bene in enige rok En as die tegniek die teiken mis Ontluik daar ʼn crooner wat sing en sus Elvis rook Lexington en Boxer-tabak Gestop in ʼn pyp uit ʼn seilknapsak Elvis drink whisky uit ʼn blik hip flask Deur ʼn bannelingoupa op Ceylon gemaak En toe het Elvis spoorloos verdwyn Hulle sê dit was mans met ʼn bakkie en boeie Laat daardie aand haar opgelaai En wat toe gebeur het, kan ons net raai Elvis, ek verdwaal ook soms in die strate Ek kom van Pretoria, maar hierdie is nou Tshwane Is jy nog iewers in Sunnyside, stukkende blom? Dis dalk nou veiliger om uit te kom Elvis rook Lexington en Boxer-tabak Gestop in ʼn pyp uit ʼn seilknapsak Elvis drink whisky uit ʼn blik hip flask Deur ʼn bannelingoupa op Ceylon gemaak