In die dertigs, na die depressie Is die stasie hier gebou En het toe vir vyf dekades Wilgedorp se tyd gehou Kort daarna, bank en skool Koöperasie en ʼn kerk Silo's en selfs ʼn haarsalon Vir Maurice om in te werk Dis die stasiemeestervrou Wat die kannabeddings onderhou Terwyl portiere vroeg al poets, poleer Aan die koperletters bo die deur Passasiers kom uit die stad Bly by die Masonic Hotel In die kroeg kan jy sien hulle luister Na die stories wat ons vertel As die goederetrein na middernag My in die stoepkamer kom wakkermaak Kan ek omdraai met die wete Ek kan ure langer slaap Dis die stasiemeestervrou Wat die kannabeddings onderhou Terwyl portiere vroeg al poets, poleer Aan die koperletters bo die deur Onlewensvatbaar Sê konsultant en amptenaar Nou staan spore langs die silo's braak Wat gaan die boere maak? Spekuleer, meganiseer Masjien maak op waar mens makeer Frankensteinpitte intensiveer Gate onder lorries in die teer Met die spoor gekom om hier te bly En toe weer padlangs weggery Want ʼn stasie sonder treine Is ʼn plek waar jy net agterbly Die wagkamer is stil Net ʼn dwaalgees op die perron Maar as jy fyn luister kan jy nog hoor Hoe die laaste trein verbykom Met die spoor gekom om hier te bly En toe weer padlangs weggery Want ʼn stasie sonder treine Is ʼn plek waar jy net agterbly