Laetitia jy't gebel toe ek my tas oplig Om in te weeg vir die oornagvlug Jy wou ernstig praat, maar ek was weer te laat En moes my pad inderhaas na Hek 12 toe maak Jy sien wat regtig gebeur in die hoek van jou oog En die ware verhaal kom eers as woorde opdroog En wie dan vertrou as jy jou eie stories So verkeerd onthou, so verkeerd onthou, so verkeerd onthou Laetitia, jy't gebel toe die kliënt begin skel In ʼn vergadering oor die afloop van my grootste kontrak Tussen skerm en fondament val beton op die grond En moes ek sonder mondering dinamiet ontlont Jy sien wat regtig gebeur in die hoek van jou oog En die ware verhaal kom eers as woorde opdroog En wie dan vertrou as jy jou eie stories So verkeerd onthou, so verkeerd onthou, so verkeerd onthou Laetitia, ek bel terug en ek hoor die sug In jou instruksie om ʼn boodskap te laat Jy's seker te besig, maar ek weet jy's daar So hier's my verskoning elektronies bewaar As jy daarna luister en jy kan dit ontsyfer Sal jy my ook laat weet, want ek het reeds vergeet? Die strekking van leuens het ek afgelees Van etikette op bottels voor hierdie spieël Jy sien wat regtig gebeur in die hoek van jou oog En die ware verhaal kom eers as woorde opdroog En wie dan vertrou as jy jou eie stories So verkeerd onthou, so verkeerd onthou, so verkeerd onthou