Dis nie jou skuld dat ek alweer die langpad moes vat nie In Belfast moes oorslaap in ʼn geensterhotel nie Al die bourbon in die kroeg opgedrink het nie My hoofpyn met spek, olie en eiers weg moes sluk nie Dis nie jou skuld nie Dis nie jou skuld nie Dis nie jou skuld dat vanoggend met knapsak en bottel vort is nie Te voet met ʼn grondpad langs tot oorkant die koppie nie Skop mols- en miershoop heeltemal moer toe Slaan ape uit moue, jaag bobbejane bergop Dis nie jou skuld nie Dis nie jou skuld nie Hierdie beenwit kneukels op die stuurwiel is nie jou skuld nie Hierdie kop wat klop soos ʼn ratkas is nie jou skuld nie Hierdie harde musiek wat so proseliteer is nie jou skuld nie Honderd en sestig kilo's per uur is nie jou skuld nie As ek ry dat ek gly deur die draai is dit nie jou skuld nie Die duiwel op die sitplek langs my is ook nie jou skuld nie Dis nie jou skuld nie Dis nie jou skuld nie