Halfpad wakker en halfpad aan die slaap Is nie dieselfde plek nie maar newels waar Prente versin word en wysies begin sing Die woord tussenin is die woord aan die begin My gunsteling kleure is telkens verdun Die mooiste klank net duskant doodstil Die sekuurste harmonie net-net nootvas Jou diepste verlang na waar jy net vinnig was Daar's soveel te sê vir die boom en die bas Die diep blou see, die os op die jas Die beste idee sit tussen wis en onwis Die derde wiel is waaraan die as vas is Van ompaaie hou ek, ry selde direk Die oopswaai van ʼn plaashek soveel meer pret As jaag voor die wond, jaag teen tyd Verdwaal is maar hoe ek my rigting vind Meestal het ek nie antwoorde nie Soms ook nie eers die regte vrae nie Ek hou baie van stories maar sonder punt of boodskap Van hoe lig weerkaats teen ʼn muur of ʼn staandak Daar's soveel te sê vir die boom en die bas Die diep blou see, die os en die jas Die beste idee sit tussen wis en onwis Die derde wiel is waar die as aan vas is Ek het baie indrukke maar min idees Hoe als inmekaarsteek kan my min skeel Die lekkerste wyn kom uit ʼn versnit 'N Enkele off-beat maak selfs ʼn mars bekoorlik Daar's soveel te sê vir die boom en die bas Die diep blou see, die os en die jas Die beste idee sit tussen wis en onwis Die derde wiel is waar die as aan vas is