Hierdie is nie net ʼn straat nie Dis iemand se sage Hierdie is nie net ʼn huis nie Dis ʼn familie se sake Daai is nie net ʼn roostuin nie Daar's wortels en bene begrawe In elke vloerplank se kraak Iets waaroor niemand wil praat nie Elkeen onthou dit anders Wat aanvanklik en uiteindelik gebeur het Elkeen vertel dit anders Die begin, die middel en die einde Hierdie is nie net ʼn kamer nie Dis leggerkas vir onthou Hierdie is nie net ʼn boom nie Dis ʼn plek van om dop te hou Mure beskerm, mure verdeel Elkeen sal mure anders verbeel Rug teen die muur, rigting op soek Elk met ʼn eie invalshoek Elkeen onthou dit anders Wat aanvanklik en uiteindelik gebeur het Elkeen vertel dit anders Die begin, die middel en die einde Welkom by hierdie familiereünie ʼn Toer deur ʼn bouval, ʼn ruïne Miskien moet ons mekaar laat weet Oor die belangrikheid van vergeet Elkeen onthou dit anders Wat aanvanklik en uiteindelik gebeur het Elkeen vertel dit anders Die begin, die middel en die einde Elkeen onthou dit anders Wat aanvanklik en uiteindelik gebeur het Elkeen vertel dit anders Die begin die storie sonder einde