Om die maan te soek is 'n voltydse beroep Hoe sy die see laat sloep en vloed Die aankoms en groet van haar sekel gloed Haar boog te karteer, hoe sy slinger te leer Haar opstaan en slaap se ritme te probeer Die koue kant van haar rug te keer Wat weet 'n klip wat om die aarde dryf Wat maak kraters en maanstof ons wys Nou nog helder, dan weer flouer Die stomheid van 'n koue skouer Soms skuil die maan agter ons planeet Vir 'n donker nag, as jy wil weet Soms word 'n woestynpad in die nag verlig Of die fosfor van branders word uitgelig Maanlig is sag, sal die vel nie skroei nie En met meer as dit sal sy haar nie vermoei nie Wat weet 'n klip wat om die aarde dryf Wat maak kraters en maanstof ons wys Nou nog helder, dan weer flouer Die stomheid van 'n koue skouer Inferno refleksie, vlamme weerkaats Koue en hitte, nog altyd maats Wolke soms 'n sluier, wolke soms 'n raam Donker en lig loop al lankal saam Wat weet 'n klip wat om die aarde dryf Wat maak kraters en maanstof ons wys Nou nog helder, dan weer flouer Die stomheid van 'n koue skouer