Die wind speel om die huis se hoeke Dis 'n bitter melodie Wat soos gesigte uit ou boeke Kom en vra ken jy my nie Jy probeer jouself herinner Maar jy's gevang deur tyd en plek En daar's iets wat jou verhinder Om die oorsprong te ontdek Want jy's die som van alle jare En algaande word jy blind Tog onbegrypend hoor jy snare Soms in die nagte in die wind En deur die deur se krake Skyn 'n skreef kitaar se klank Iets van alle vroeër wake Iets van bid en hoop en dank Want wind en ses stil snare Speel alleen maar 'n duet Van vroeër en van later jare En jy's al wat jy nog het Want jy's die som van alle jare En algaande word jy blind Tog onbeskryflik hoor jy snare Soms in die nagte in die wind