Kyk hier sit ek voor die klawers in flenters en katoen Ongelukkig net soveel wat jy met snare en ivoor kan doen Iewers uit 'n fles se kolk het ek 'n wysie gaan roep Iewers op 'n boekrak wat ek wou sê gaan soek Gister, eergister, môre, of miskien die dag daarna Sal jy my vir 'n opgaaf van vandag kan vra Met sleutels sluit ek deure dig, maar ontsluit 'n melodie Oor die loute van my amberglas gee ek nie regtig om nie Soms oorspronklik soms gesteel, meestal sommer net geleen Nou impromptu, dan berekend, my klavierkonsert vir een Gister, eergister, môre, of miskien die dag daarna Sal jy my vir 'n opgaaf van vandag kan vra Dis net dat ek soms vergeet wat in die oomblik gebeur Nalaat om neer te pen wat die note my leer Gister, eergister, môre, of miskien die dag daarna Sal jy my vir 'n opgaaf van vandag kan vra