Van die Fernsehturm sien jy als van bo Want 'n nuwe stad leer ken jy mos so Stad van mure, stad van hekke Checkpoint Charlie en Brandenburg Tor Vir Leonard Cohen beter in die Waldbühne leer ken Om kort daarna maar weer afskeid te kan neem In Unter den Linden koop ons parfuum By die Hauptbahnhof hoor ons Lili Marleen Stad van sloop, stad van bou Mure word soms in drome onthou Altyd in sirkels op die S-Bahn se spoor Op Alexanderplatz my ewewig verloor As jy betonblokke poets word hulle blink In rye gestapel kan die lig jou verblind In Kastanienallee of beton verdwaal As die verlede jou iewers uit die toekoms kom haal Soek Rosa Luxemburg langs Kreuzberg se kanaal Waar Wim Wenders se engele in die skemer dwaal Die Palast der Republik se versplinterde glas Hoop groei somtyds waar nagmerries was Stad van sloop, stad van bou Mure word soms in drome onthou Altyd in sirkels op die S-Bahn se spoor Op Alexanderplatz my ewewig verloor Vir 'n Steh Kaffee met jou in Prenzlauer Berg ontmoet My klere was te donker vir die kleur van my gemoed Stad van ontheemdes, stad van behoort Checkpoint Charlie en Ishtar se poort Stad van sloop, stad van bou Mure word soms in drome onthou Altyd in sirkels op die S-Bahn se spoor Op Alexanderplatz my ewewig verloor