Vir jou kan ek nie die wêreld beloof nie Maar miskien eenvoudige woorde Vir jou kan ek nie die maan beloof nie Maar dalk 'n melodie Ek het nie invloed nie, dalk 'n bietjie talent Kampstoele, 'n koffiekan en 'n tweemenstent Ek bring vir jou rustige dae Ek bring vir jou vrede as jy slaap Vir jou kan ek nie die aarde beloof nie Maar ek ken 'n mooi pad na die Hel Vir die kan ek nie eers die see beloof nie Maar ek kan 'n paar stories vertel Ek bring vir jou troos as jy huil Ek bring vir jou 'n hoek om in te skuil Ek bring vir jou 'n warm kombers Ek bring vir jou 'n lamp en 'n kers Ek het nie baie goed nie Maar boeke wel in oorvloed Musiek om na te luister By 'n kampvuur se gloed Ek ken 'n paar resepte Vir brood of pannekoek Maar vir meer as dit sal jy dalk Maar elders moet gaan soek Ek bring vir jou troos as jy huil Ek bring vir jou 'n hoek om in te skuil Ek bring vir jou 'n warm kombers Ek bring vir jou 'n lamp en 'n kers