Die liefde vertrou mos vir altyd Woorde word minder so mettertyd Vashou aan ou goed los net verwyt Al wat saak maak is die liefde Jy't nog gesê ons sal bly val Maar die opstaan en aangaan is al wat tel Met jou aan my sy sal ons stories vertel Van die liefde, ware liefde Val jy ook in die donker Vertrou jy my as jy wonder En weet jy ek sal nooit kan opgee Al breek ons gelyk, al breek ons gelyk Jou glimlag vertel my nog altyd Dat 'n sagte woord woede bedaar kry Jy't 'n hart wat my wys hoe die liefde lyk En van uithou leer ek by jou Jy's 'n deel in my dag wat my hart verbly Al loop die pad moeilik is jy by my Daar's 'n stilte in jou wat ons altwee wys Hoe werk die liefde, ware liefde Val jy ook in die donker Vertrou jy my as jy wonder En weet jy ek sal nooit kan opgee Al breek ons gelyk, al breek ons gelyk Hoor jy hoe roep ek jou naam uit Net jy voel soos ek as ons seerkry En jy weet ek sal nooit kan opgee Al breek ons gelyk, al breek ons gelyk Liefde, seerkry, val en verby kyk Kwaad word, weet dat als kan oorwin word Val jy ook in die donker Vertrou jy my as jy wonder En weet jy ek sal nooit kan opgee Al breek ons gelyk, al breek ons gelyk Hoor jy hoe roep ek jou naam uit Net jy voel soos ek as ons seerkry En jy weet ek sal nooit kan opgee Al breek ons gelyk, al breek ons gelyk Liefde, seerkry Liefde, seerkry