Kishore Kumar Hits

Brixton Moord & Roof Orkes - Val текст песни

Исполнитель: Brixton Moord & Roof Orkes

альбом: Bazaar Punk


Ek's jammer dat ek sommer so
Met die deur in die huis val
Dat ek nou weer aan jou dink
Is seker net toeval
Dit val my op dat mense soos ons
Beter met dans as met stap is
Dit val my op dat mense soos ons
Beter met sing as met praat is
Ek skryf mos op papier
Jy skryf in jou kop
Papier verslaan of verval
En notaboeke raak op
Dit val my op dat mense soos ons
Beter met dans as met stap is
Dit val my op dat mense soos ons
Beter met sing as met praat is
Twee brûe het jy verbrand
Vir elke een wat ek wou bou
Maar daai pad het nie brûe nie
Net 'n kruispad die pad van rock 'n roll
Dit val my op dat mense soos ons
Beter met dans as met stap is
Dit val my op dat mense soos ons
Beter met sing as met praat is
Lokval van woorde bouvallige klank
Met snaar en pedaal weef ons al lank
Iets wat soveel hegter is
As enige familieverband
Dit val my op dat mense soos ons
Beter met dans as met stap is
Dit val my op dat mense soos ons
Beter met sing as met praat is
Met voete wat soos ons s'n dans
Struikel mens neer
En as jy eers begin val het
Is daar niks wat jou kan keer
Dit val my op dat mense soos ons
Beter met dans as met stap is
Dit val my op dat mense soos ons
Beter met sing as met praat is
Soms noem ons onsself digters
Maar meestal val ons vas in woorde en taal
Mens vind dit moeilik om woorde te vind
As jy konstant so vryval
Dit val my op dat mense soos ons
Beter met dans as met stap is
Dit val my op dat mense soos ons
Beter met sing as met praat is
Maar toe val jy weg en eensklaps en lig
Met 'n halwe groet en 'n vraag oor jou gesig
Struikel jy steeds aan die ander kant
Sê groete vir ou Louis en vir Paul van der Zandt

Поcмотреть все песни артиста

Другие альбомы исполнителя

Похожие исполнители