Hy bly nou in 'n woonstel bo 'n kafee Dis die meeste wat sy beursie vir 'n landlord kan gee Die meubels wat hul hier gelos het kan hy maar hou Die blou bed word 'n bank as jy dit vou Eskom moet maar fokof die geyser mag heeldag loop Hy lees in die koerant hoe die regering miljoene stroop Dit los hom ongemaklik dit los hom omgekrap Hy wonder oor die toekoms en die pad wat die land stap En die lig die lig die lig is Pierneef-blou Dis 'n kleur waarvan hy nie regtig hou nie Afrika se son skyn net te blink Oor die karre in die straat oor die ou dak se sink Hy hou nie van die taxi's hy hou nie van die middelklas Hy haat die botterbul van sy eie spierwit ras Hy haat emigrasie Brittanje Australië ook Hy haat dit dat sy eks se borste nog by hom spook Hy voel fokol vir oranje hy voel fokol vir blanje blou Nkosi sikelel' en Die Stem kan hul ook maar hou Hy hou nie van Mandoza hy hou nie van Theuns Jordaan Hy hou nie van sy vakansies kleintyd in 'n karavaan En die lig die lig die lig is Pierneef-blou Dis 'n kleur waarvan hy nie regtig hou nie Afrika se son skyn net te blink Oor die karre in die straat oor die ou dak se sink Hy hou van donderstorms en die spore van 'n trein Hy hou van mense wat e-tol ondermyn Hy hou van Hank Williams the moon wept behind a cloud Bonnie Prince Billy hy hou ook van Johnny Dowd Dit was seker fotoboekies dit was seker maar Ben Brand Dit was seker James Phillips en sy hoed se breë wand Dit was seker maar something in Sundays you feel alone Dis seker maar sy lot ja no direction home Hy hou van die lente as die bytjies die blomme roep Hy sit op sy balkon al voel dit soos 'n stoep Hogehak se skoene loop nou die strate vol Hy trim maar aan sy ferns en sy whiskey glas is vol En die lig die lig die lig is Pierneef-blou Dis 'n kleur waarvan hy nie regtig hou nie Afrika se son skyn net te blink Oor die karre in die straat oor die ou dak se sink