By die eerste stopstraat In die klein stowwerige dorpie Waar hy sonder geskal van trompet In die wêreld ingeglip het Sien hy die ou vrou en die ou man In die klein skewe bakkie raak Oorkant hom Aan die ander kant van die stopstraat Sy met 'n glimlag van oorgee Na soveel jare van sukkel Hy met 'n grynslag van swak sig Agter die stuur van die klein skewe bakkie By die tweede stopstraat In die klein stowwerige dorpie Waar hy sonder geskal van trompet In die wêreld ingeglip het Sien hy in sy truspieël Die klein skewe bakkie rukkerig vorentoe skraap Daar ver agter hom By die eerste stopstraat Sy met 'n glimlag van oorgee Na soveel jare van sukkel Hy met 'n grynslag van swak sig Agter die stuur van die klein skewe bakkie By die laaste stopstraat In die klein stowwerige dorpie Waar hy sonder geskal van trompet In die wêreld ingeglip het Sien hy 'n man oorkant die stopstraat In 'n blink nuwe swart kar aankom En hy trek sy oë op skrefies En steek sy hand uit na die vrou langs hom Sy met die glimlag van oorgee Na soveel jare van sukkel Hy met 'n grynslag van swak sig Agter die stuur van die klein skewe bakkie Dis nou hy met 'n grynslag 'n grynslag van swak sig Agter die stuur van 'n klein skewe bakkie Dis nou hy met die grynslag die grynslag van swak sig Agter die stuur van 'n klein skewe bakkie Sy met die glimlag van oorgee Na soveel jare van sukkel en swig Hy met 'n grynslag van swak sig Agter die stuur van die skewe bakkie ingewig