Onthou jy nog Terwyl die wind Die bome buig en die blare van die takke skud Het ons saam teen die reën geskuil En jy't nog so geskrik Toe ek jou sê: "Dis als verby, ons weë moet nou skei." Arme kind Dis hartseer Maar dis beter as ek gaan Ek swyg En jy huil Onthou jy nog My hand wat joune saggies vashou Omdat jy spoedig sou sien, dat jy rêrig meer verdien Terwyl jy deur jou trane lag en sê: "Miskien" Dis nou weer herfs Dit reën Maar alleen skuil ek onder die lower En dink aan jou En ek ween