Ek wonder wat van jou geword het. Jy wat nog so by my spook. Ek weet net ons het die vuur gemaak. Die wêreld aan die brand gestook. Nou is die nagte soveel stiller. Die dae eis hul eie tol. Maar ons twee was die wilde wind se blare. Ons kaartjies lê die hele wêreld vol. Tussen treine. Tussen stasies. Lê daar basies, net die leë spore Tussen treine. Tussen stasies. Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore. Nou vra ek waar het alles begin? Die ding van los wees voor die wind. Onthou jy ook die rook, die yster? Die lig wat in die verte blink. Dan dink ek terug aan soveel dae. Soveel stawe op die spoor. Ja daar was voorheen 'n tyd van treine. Waar en wanneer het ons dit verloor? Tussen treine. Tussen stasies. Lê daar basies, net die leë spore. Tussen treine. Tussen stasies. Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore. Instrumenteel Elke keer was dit 'n afskeid. Elke keer weer 'n begin. 'N Honderd haltes langs die spoor. Elke stasie het sy eie skim. Miskien het ek verleer om te kyk. Jy bepaal jou eie baan. Soms sien ek die skadu van jou spieëlbeeld. As spieëls verbrokkel voor die maan. Tussen treine. Tussen stasies. Lê daar basies, net die leë spore. Tussen treine. Tussen stasies. Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore.