Jy's verleidelik in die maanlig Met jou hare effens voor jou oë Jou glimlag is uitlokkend Jy sal elke man kan bekoor Ek sien die kurwes van jou lyf En ek besef ek is 'n volbloedman Jy sê sag wat jy dink ek wil hoor Moet sê, ek voel gevly Eva jy lyk goed vanaand Hier in die tuin van goed en kwaad Jy wys my al die vrugte Jy lei my na 'n boom En ek weet jy het jou planne Want die appel is aangestuur En al is my hart hoe honger Die oomblik sal ek moet verduur Ek kan nie help om te wonder nie Wat het van jou adam geword? Wanneer laas die vyeblare laat val? Wie het jou laas goed laat voel? Jou antwoord is herhalings Jou woorde leë ruimtes Wat ek vul in my verbeelding Vergun my net om te sê Eva jy lyk goed vanaand Hier in die tuin van goed en kwaad Jy wys my al die vrugte Jy lei my na 'n boom En ek weet jy het jou planne Want ek ken die ou verhaal En al is my hart hoe honger Die oomblik sal ek moet verduur