Kom sny die papaja Breek stukkend die son Om die goudgeel vreugde te ruik Gryp bondels swart pêrels Uit die suikersoet skatkis Vir die nuwe son se gebruik Vir my is die somer soos 'n groot papaja Vol kleure en geure so soet Vol warmte en geelheid en blinkpit beloftes In elke persoon wat jou groet Kom sny die papaja Breek stukkend die son Om die goudgeel vreugde te ruik Gryp bondels swart pêrels Uit die suikersoet skatkis Vir die nuwe son se gebruik Vir my is die somer soos 'n groot papaja Wat sy reuk deur die kamer versprei Niks anders op aarde se geur kan juis dit sê Ek's sonsoet en jy kan my kry Kom sny die papaja Breek stukkend die son Om die goudgeel vreugde te ruik Gryp bondels swart pêrels Uit die suikersoet skatkis Vir die nuwe son se gebruik Kom sny die papaja Breek stukkend die son Om die goudgeel vreugde te ruik Gryp bondels swart pêrels Uit die suikersoet skatkis Vir die nuwe son se gebruik