Ons twee stap al ons lewenslank, net bymekaar verby Drafstap hier en somtyds mank, maar nou't ek jou gekry Ons twee wens al ons lewenslank, om die ander een te kry Wens jou hier en kul jou daar, maar nou't jy my gekry Die mis styg uit oor die see, ek voer jou met my mee Die mis styg uit oor die see, ek wil my alles vir jou gee Met ons voete in die water, en ons oë op na bo Raak die laaste dag nooit later, met jou wat in my glo Net met liefde in ons harte, en die wind nie meer van voor Is jy my liefdes voodoo, wat my alles reg kan toor Wat my alles reg kan toor Ons twee stap nou lewenslank, aanmekaar se sy Ons ringe bind die hart aan hand, om veraltyd trou te bly Ons twee saam soek al lewenslank, om mekaar tot hier te kry Soet sing die lewe, ons liefde is klank, uiteindelik is ons vry Die mis styg uit oor die see, ek voer jou met my mee Die mis styg uit oor die see, ek wil my alles vir jou gee Met ons voete in die water, en ons oë op na bo Raak die laaste dag nooit later, met jou wat in my glo Net met liefde in ons harte, en die wind nie meer van voor Is jy my liefdes voodoo Met ons voete in die water, en ons oë op na bo Raak die laaste dag nooit later, met jou wat in my glo Net met liefde in ons harte, en die wind nie meer van voor Is jy my liefdes voodoo, wat my alles reg kan toor Wat my alles reg kan toor Wat my alles reg kan toor