Uit die blou van onse hemel, Uit die diepte van ons see. Oor ons ewige gebergtes, Waar die kranse antwoord gee. Deur ons vêr-verlate vlaktes, Met die kreun van Ossewa. Ruis die stem van ons geliefde, Van ons land, Suid-Afrika. Ons sal antwoord op jou roepstem, Ons sal offer wat jy vra: Ons sal lewe, ons sal sterwe, Ons vir jou, Suid-Afrika!