Kishore Kumar Hits

Janita Claassen - Walse Uit Wene текст песни

Исполнитель: Janita Claassen

альбом: 20 Goue Treffers


Hoe... Hoe...
Hier waar ek droom
In Venesië by water se soom
Is ek langs die kanaal
Om verlore liefde te haal
Want jy het eens in 'n gondel jou drome bely
Maar nou gly daardie gondel verby, net verby
Wiener Blut, Weense Bloed
Eie krag, eie sap, lewensgloed
Wiener Blut, Weense Bloed
Laat ons leef en beleef laat herleef
Wiener Blut, Weense Bloed
In ons are vloei Wene se bloed
By rivieroewer was, harte vas aan die walsmaatpas
En gedagtes kom na my
Uit die dae lank verby
Dwaal ek in die Weense woud
Is dit soos in tyd van ouds
Grond se geur, pikant en mals
Daaruit groei die Weense wals
Ritseling van blare
Takke hou nog hande vas
Ek streel oor 'n boom se bas
Ek voel een met die dae wat was
Ou Maestro van die Blou Donau
Ons sal u in herin'ring hou
Met Wenestad se walsrefrein
Vonk'lende oë, vonkelwyn
Splinters van lig, op kant, satyn
Liefdesvlam groei waar Donau vloei
Liefde broos, liefde fyn
Al wat bly is walsrefrein

Поcмотреть все песни артиста

Другие альбомы исполнителя

Похожие исполнители