Vers 1 Jou hart wil ek nooit breek nie Jou glimlag nooit vergeet nie My lewe in twee verdeel Jy't my hart kom steel Bridge 1 En al wat ek in ruil vir my hart vra Is dat jy weer die leemte in my sal vul Deur ook jou hart in my te dra Want saam stap ons 'n pad Met jou hart in my en myne in jou Kan ons die lewensstrome saam aanvat Sonder dat dit jou ooit moet pla Meisie laat my toe om jou hart in my te dra Vers 2 Met jou hart wat warm in my klop My met jou wese bly verstop Kan die hele wêreld maar vergaan Want dis net jy wat in my oë bestaan Bridge 2 Weet dat as jou hart hier in my klop Is dit jou bloed wat deur my stroom En by my kan jy net wees Sonder enige vrees