Vers 1 Sandkorrels in my kitaarkis herinner my aan die goeie tye vol gees Skoenlappers wat verwilderd in my maag rondbeweeg Verklap my gevoel vir jou ek wil steeds by jou wees Pre-As ek eendag finaal my kop neerlê wil ek verseker se: ek het gelewe! Volg jy net die voetpad deur borde aangedui Of trap jy jou eie spore waar jou hart jou lei? Lewe jy jou drome, is jy vry? Sal jy kan terugkyk en se eendag - Die lewe was vir my?! Vers 2 Saam met wysheid kom die grysheid en daarmee saam die spyt Van drome nie geleef nie, geleenthede verwyt Bang Jan jou dooie man - by jou kon ek niks leer Ek sterf liewer op my voete as om te lewe op my knieë