Nou sy't 'n moesie op haar wang gehad, net waar mens daarvan hou Haar lippe was soos rooiwyn, haar oë die see se blou En haar haarkloof kon jou kielie, tot jou hart jou daar laat dans As haar lyftaal aan jou oë hang, dink die manne daar's nog 'n kans Tant Stienie van Goudini, toe nooit 'n man gesien nie Nooit gekry wat sy verdien nie, was haar sonde nooit ontsien nie Tant Stienie van Goudini, toe nooit 'n man gesien nie Nooit gekry wat sy verdien nie, was haar sonde nooit ontsien nie Tant Stienie het 'n lyf gehad, sy was fisies klein gebou Daai heupe, en daai kanne, wou die manne net laat trou Maar tant Stienie was 'n spesie, so effe skeef gebou Sy had g'n sin met manne nie, want haar liefde was vir vrou O, die Dominee was stom geslaan, toe hy met haar moes praat Toe sy saggies aan sy bo-been raak, was die leraar sonder raad En die ring het hom belowe, al sou hy ewig leef Sou hy ewig op sy knieë staan, sou niemand hom vergeef Tant Stienie van Goudini, toe nooit 'n man gesien nie Nooit gekry wat sy verdien nie, was haar sonde nooit ontsien nie Tant Stienie van Goudini, toe nooit 'n man gesien nie Nooit gekry wat sy verdien nie, was haar sonde nooit ontsien nie ... Tant Stienie se liefde was veroordeel en vertrap En later het sy eensaam in die lewe terug gesak En die storie van haar lewe was drur mense kromgedraai Nooit gegee wat moes gegun word Net gemaai en nooit gesaai Tant Stienie van Goudini, toe nooit 'n man gesien nie Nooit gekry wat sy verdien nie, was haar sonde nooit ontsien nie Tant Stienie van Goudini, toe nooit 'n man gesien nie Nooit gekry wat sy verdien nie, was haar sonde nooit ontsien nie Tant Stienie van Goudini, nou afgeleef en sinies Oorgewig en vol fiemies, ou tant Stienie van Goudini