Hy werk op 'n groot saaiplaas, by 'n oom wat maklik raas
Maar hy kyk by dit verby, want hy hou van trekker ry
Sestien skare dolwe die aarde, krul sy tone om
Al wanneer hy lekker kry, is daar by die buurplaas blom
Maar as hy daar gaan vry, sê sy: "jy kan my kry"
"As ons twee saam 'n lekker draai met die groen John Deere gaan ry"
So, een aand het hy weggeglip, die kwaai oom weet van niks
Toe die blom se pa hom bel en vra oor
Die trekker wat so deur die mielies ja' ...
Boeta, jou stert gaan brand, dit sê ek jou vanaand
Die tante moes maar vinnig keer, ek wou jou skiet met die haelgeweer
Hy smeek: "ag,
Oom 'seblief verstaan, dis hoe die saak nou eintlik gaan"
"Dit was die blom se hartsbegeer,
'N spin met die nuwe groen John Deere" ...
'N Paar maande daarna, moes hy voor die kansel staan
Het die oom hom da'm vergewe, want die werk kon weer aangaan
Sy bruid is baie laat, en skielik dreun die straat
Die spietkops skarrel, koes en keer,
Toe die bruid aankom met die groot John Deere
En almal lag, dink terug, en onthou mos
Boeta, jou stert gaan brand, dit sê ek jou vanaand
Die tante moes maar vinnig keer, ek wou jou skiet met die haelgeweer
Hy smeek: "ag,
Oom 'seblief verstaan, dis hoe die saak nou eintlik gaan"
"Dit was die blom se hartsbegeer,
'N spin met die nuwe groen John Deere" ...
Hy's groot, en groen, en rateltaai,
Sy lag kliphard en skree: "Lawaai!"
Die mielies staan al drie voet hoog,
Al is die goed al lankal droog ...
Boeta, jou stert gaan brand, dit sê ek jou vanaand
Die tante moes maar vinnig keer, ek wou jou skiet met die haelgeweer
Hy smeek: "ag,
Oom 'seblief verstaan, dis hoe die saak nou eintlik gaan"
"Dit was die blom se hartsbegeer,
'N spin met die nuwe groen John Deere" ...
" 'n Spin op die nuwe groen John Deere"
" 'n Spin op die nuwe groot, groen John Deere"
Поcмотреть все песни артиста