Jou naam kom nooit na vore, Nie in grou geregs kantore, Nie in lêers oor verhore nie; Jou diepste, verste spore loop ook dood. Ek kan dit nie verduur nie; Daar's geen saak en geen dossier nie Nie 'n deur wat nog skarnier nie, En die wete jy's nie hier nie Voel soos lood. Ek bly opsoek na lank vermiste mense Maar almal bly my oninhaalbaar voor Die jare skif tot newels voor die lense En die hart verloor maar mettertyd die Spoor, die hart verloor maar mettertyd die spoor. Die stad bars uit sy nate En die rustelose strate Sonder jou is leeg en verlate En ek weet in watter mate ek jou mis Ons praat soms soos tevore En 'n droom word weer gebore Maar n wêreld lê verlore In die leegheid van die woorde Wat daar is. Ek bly opsoek na lank vermiste mense Maar almal bly my oninhaalbaar voor Die jare skif tot newels voor die lense En die hart verloor maar mettertyd die spoor. Ek soek vergeefs na lank vermiste mense Wat om my is, maar onbereikbaar ver Wat langsaam uitgekring het oor my grense Nog lokkend, maar afsydig, soos n ster. Nog lokkend, maar afsydig, soos n ster.