Onse milde God van alles wat soet en mooi is, Laat U naam altyd in ons geberg bly en daarom heilig, Laat die Republiek tog nou reeds kom, Laat ander hul wil verskiet Gee skiet, gee skiet Sodat ons ook n sê nag hê, N Sê soos n see Wat om die kuste van ons hemelse Stilberge lê. Gee dat ons vandag ons daaglikse brood mag verdien En die botter, die konfyt, die wyn, die stilte, Die stilte van die wyn, En lei ons in versoeking van velerlei aard Sodat die liefde van lyf tot lyf kan spring Soos die vlammetjies van as is - is van berg na berg Braambos van vuur tot aan die witste maan bring. Maar laat ons ons verlos van die bose Dat ons kan afreken met die skuld van eeue Se opgebergde uitbuiting, se geroof, se verneuke, En die laaste rykman vrek aan sy geld vergif. Want aan ons behoort die menseryk, die krag en die heerlikheid Van nou af tot in alle ewigheid net so ewig Soos die skadu's en grensposte van die mens As hy goddelik die aarde uit die hemel skeur, Aa mens! Aa mens! Aa mens!