As ek self 'n pop was sou ek popmusiek maak Met vuil vingers aan ou tannies se hartsnare raak Ek sou dronk pronk op backtracks in jou parkeerterrein Vir ure staar waar my foto's verskyn Maar genoeg van dit, ek's moerse lus om oor iets anders te gesels (wat!?) Soos poetse bak en voete krap en goeie geselskap Hoe was jou lewe toe daar nog nege planete was? Toe jy gevoel het jy kon nog glo in die inhoud van jou yskas? Nou's dit net byt vas en uitwas en twyfel Ons dans om die lyne soos die feite ontrafel Spring op 'n tafel en sing hoe jy voel Daai liedjie wat iets sê oor 'n kerk en 'n koeël Maar glo jy dit regtig? dit klink so verkeerd! In elke opsig kry jy wat jy gee Nog voor dit gebeur, skree ons klaar met verwagting Dames en here, welkom by Die slagting In die vuur: die manier hoe ons almal dink Jy mag sing Vir plesier: jy bestuur hoe die storie klink Verwagting Is so duur in die bier wat ons almal drink Die slagting Is nou hier: die manier hoe ons almal dink Tim Beumers: Messcherp en mijn stem sterk Breng mij een berg plet hem als dwerg Letterlijk verder ben niet beperkt Al wat niet werkt heb ik verpletterd Moeilijke tijden moest ik bevrijden Moet je begrijpen Niet droevig te krijgen Moeite met mij is moeite met feiten De slagting, leg je ziel op een blok met een bijl in mijn hand en Katsjing een rivier op de grond wat een einde is dat Een kam we scheren een stand Geef me een hand ik neem een heel land Geef me geen nee ik vrees er geen 1 Dus weet dat ik jullie 1 voor 1 slacht So klim ek lekker stukkend in die derde vers in 'N jakkals op 'n reis met 'n leeu en 'n perske Deur gevaarlike waters in 'n glasbodemskip Die land spoeg ons uit en die see wil ons insluk Mense wil partytjie en die beats moet hard ruk Ek dink hulle wou saamsing, maar hulle't almal verstik Ons verander elke dansvloer in 'n slagveld in Elke laaitie word 'n held, elke meisie 'n heldin Want in die ligte en die ritme maak jou lewe skielik sin En so tussenin die woorde sien jy kans vir oorbegin Strek jou hande na die sterre as jy lief is vir musiek Plak jou palms op die beat want jou liefde's spesifiek Voel die vlamme teen jou vel soos jy veilig verdwyn Ons word een met die storm, in die waarheid en die pyn Elke deel word oopgeruk deur vrees en seer Moenie bang wees om te bloei nie, dis net vlees wat skeur