Hier's jou sleutel, wees 'n satelliet Ons word 'n sterrebeeld wat dieper in die ruimte skiet Ek's op 'n wentelbaan met 'n komeetstert Nou's ons in diep ruimte, waar mens die hardste werk Veg vir jou suurstof, ek is 'n rymtevaarder Ek trek nou sterrestelsels in sirkels om die aarde Konstellasies in patrone Donker spasies, planeetwonings Ons sluk die donker materie in die ligte van ons Ruimtetuig, kyk hoe die lyne buig In die hoeke van die heelal is ons eintlik tuis Ek het 'n nuwe intergalaktiese rybewys Dis mos jakkals op 'n reis met 'n leeu en 'n perske Daai skip is toe 'n ruimteskip, ons s'n vlieg die verste Dis 'n vuurpyl-wedren en Bittereinder wen Ons is stelselmatig, ons ken elke ster se stem Werklik sterrekundig, soos HemelBesem In die helder sterlig is ons hemelwesens Dis die ganse heelal wat ons hier vir jou skets So sit jou gordel aan terwyl ek ruimteklets