Sê ek dalk wat jy graag wou sê? klink my stem in die donker bekend? Connect jou denke met pent-up prente en teks wat in die wolke rondswem Ek bestaan in taalmeng, the poet's pen gives to airy nothing 'n naam wat jy ken Represent! the frenzy is fine - you'll know when Soos Lark laat ons toe dat afflatus binne ons beweeg Dis dark maar die taal-apparatus is nooit ooit leeg 'T gaan oor hoe jy dit lees – 'n open-ended wik en weeg Elke woord is 'n daad en 'n saadleidraad vir die moord wat jy pleeg Die leser-speurder speel true detective, investigate jou spoor Elke lyn oor en oor, begin van voor, sonder om jou Plek te verloor - die regte vermoë om eggenoot te word tussen beeld en woord Beeldskone stylfigure, stede gebou van metafoor Interne rym in elke lyn frame die verwysingsraamwerk Dis rapteks en die argitekgees van bewuswees wat ons almal saamtrek Lees tussen die lyne, loop die systrate, soekend in die hoeke van die stad in die aande Dis die subteks wat die diepste impressions op jou psige kerf in die maanlig Ek meng my taal met joune Gees, bloed en spoeg This argument is over Naby genoeg Jy meng jou taal met myne Land, lug en see Ek is 'n bittereinder En ek word meer Anyway, iets in my wil net aanhou baklei, enter the fray, same fight, different day Soos the late K. Cobain voel ek something in the way, iets wat die lem van my tong kan sny 'S moeilik om te articulate, 'n vyand sonder shape, in 'n woordlose landskap sonder blaf en sonder byt En dis juis my strydgrond, dis ink en papier, 'n eindelose sinkende gevoel in die tydsrivier Vuur blus the mute purist You're the fuser Purged with muse-ritme Merging triangular Ek meng my taal met joune Gees, bloed en spoeg This argument is over Naby genoeg Jy meng jou taal met myne Land, lug en see Ek is 'n bittereinder En ek word meer