Kishore Kumar Hits

Koos Kombuis - Atlantis In Jou Lyf текст песни

Исполнитель: Koos Kombuis

альбом: Koos Kombuis


Op die reis deur die woestyn verdwyn ons trane in die sand
Op die gravelpad na die see soek ek die unicorn se strand
Daars 'n roos in elke doring en'n leuen in elke feeverhaal
Hierdie oomblikke van waarheid glim soos neon deur my taal
Ek weet jy's hier iewers in die klei van afrikaans
Maar ek ken nog nie jou naam nie, jy sing waar die flaminke dans
Jy's die voodoo wat my vashou
Jy's die vloek wat my laat skryf
Die Sahara's in jou oe
En Atlantis in jou lyf
Ek sien die buitelyne van jou skip, ek lees jou kaart so dof
Jy's 'n ruine tussen klip, 'n rivierbedding vol stof
Ek grawe kaalhand in die grond op soek na woorde en witblits
Maar Vader Tyd se uurglas sak soos 'n deurkosyn in Luderitz
Al volg ek jou lugspieelings deur die rotsblokke van smart
Val die reen steeds oor my pyn en is dit winter in my hart
Op reis deur die oestyn verdwyn ons trane in die mis
Ons verruil ons laaste pyn vir wilde liefde op die ware kus
Ek volg jou spore deur die vure waar droee geraamtes lag
My drome flikker soos die vure van oases in die nag

Поcмотреть все песни артиста

Другие альбомы исполнителя

Koos

1986 · альбом

Похожие исполнители

Dozi

Исполнитель