Kishore Kumar Hits

Koos Du Plessis - Sprokie Vir 'n Stadskind текст песни

Исполнитель: Koos Du Plessis

альбом: Skadu's Teen Die Muur


As die reën van stof en roet verby is
En die rook verdwyn
Sal daar in die sterrelose hemel
'N neonboog verskyn
En kyk maar goed,
Want as jy hom vind
Vertel ek vir jou 'n sprokie my kind,
Van 'n skatkis met ou kettings gebind
Aan die neonboog se punt
Volg hom elke nag oor swart riviere
Oor kranse van beton,
As jy aanhou stap
Tien duisend ure
Sal jy dalk daar kom
Maar hier moet jy jou nimmer laat bind
Want so lui die ou, ou sprokie my kind,
As jy geluk en vreugde wil vind
Soek die neonboog se punt
Volg hom elke dag oor swart riviere
Kyk nie eenmaal om

Dalk vind jy die land van blou saffiere
En dalk 'n brokkie son

Поcмотреть все песни артиста

Другие альбомы исполнителя

Похожие исполнители

Dozi

Исполнитель