Dit was lank gelede Ek onthou nog jou soen Maar ons was nog jonk Wou nog so baie doen Het my lewe lank altyd gewonder, geraai Wie die regte een sou wees Met jou foto steeds teen my kamermuur Staan jy jare later hier [Koor] Is dit jy wat weer in my drome dwaal Is dit jy Is dit jy wat weer in my kop kom maal Want ek dink net aan jou Is dit jy wat my hart in jou hande hou Is dit jy Is dit jy wat die son weer om my sal vou Want ek dink ja ek dink net aan jou ♪ Soos die suidewind Het jy deur my kom waai In 'n oogwink Het jy als omgedraai Toe jy my kom groet met jou glimlag soet Kon ek dit in jou oë lees Al was dit jare terug of hier en nou Dis bedoel om te wees [Koor x2] Is dit jy wat weer in my drome dwaal Is dit jy Is dit jy wat weer in my kop kom maal Want ek dink net aan jou Is dit jy wat my hart in jou hande hou Is dit jy Is dit jy wat die son weer om my sal vou Want ek dink ja ek dink net aan jou