Karoo,verre land van verlatenheid Klein Karoo, waar die Swartberge troon. Indie Klein Karoo, het jy steeds nog na my verlang. Ek kom terug na jou,by jou wil ek altyd woon. Klein Karoo,dis waar ek jou liefde vind Elke aand,stap ons hand aan hand. Saam met jou, kan ek van die toekoms droom In die Klein Karoo,wil ek met jou woon. Sien jy die aandblom staan Die sekelmaan, die wasigheid wat dit ontvou So is my heimwee saans na jou Daarom kom ek terug na jou. Klein Karoo,verre land van verlatenheid Klein Karoo,waar die Swartberge troon In die Klein Karoo, het jy altyd na my verlang Ek is weer terug by jou, by jou wil ek altyd woon Pluk in die laat middag,n gousblom af Kyk hoe die blare toe vou Net soveel dae bly nog oor Dan is ek weer by jou Klein Karoo,dis waar ek jou liefde vind Elke aand,,stap ons hand aan hand Saam met jou,kan ek van die toekoms droom In die Klein Karoo, wil ek met jou woon