Die wind was sterk, die weer was swaar Die dag toe ons die see in vaar Maar wie kon weet en wie kon raai Wat sou gebeur in Algoabaai Net twee aan boord en een vol haat Wat my kom soek, wat soek na kwaad Daardie dag, wie sou kon raai Wat sou gebeur in Algoabaai Toe ons twee saam die syle span En in die wind na toue vang Sien ek meteens die meslem flits En in sy oog die wraak wat blits Net ons alleen, die wolke bleek En oor 'n vrou wou hy hom wreek Die dek bebloed, maar wie kon raai Wie sou nog leef in Algoabaai Sy laaste woord was een van haat Om oor te dra, dit was my taak Van ver af wuif sy van die kaai Die liewe vrou in Algoabaai Ek het geleef, hy het verloor Maar ek moes praat en sy moes hoor Die liefde sweef soos winde waai Sy't my verlaat in Algoabaai